Nuus

Hoeksteen-ontwikkeling

Hoeksteen-ontwikkeling het ‘n besige paar weke agter die rug, veral danksy al die reëlings wat vir 2023 se o.23-Bokkietoernooi getref moes word.OOM was verantwoordelik vir die aanbieding van die toernooi en Hoeksteen moes sorg dat die verblyffasiliteite en terrein mooi skoon en netjies is. Baie dankie aan die manne en vroue van Hoeksteen wat dikwels…

BKO-studente neem deel aan verskeie sportaktiwiteite

BKO fokus daarop om gehalteopleiding – met ‘n gesonde balans van studentelewe – vir ons studente te bpostsied. Daarom bied BKO, in samewerking met die Gemsbok Sportinstituut, aan studente die geleentheid om aan verskeie sportgeleenthede deel te neem. Tydens die o.23-Bokkietoernooi kon beide BKO se rugby- en netbalspanne goeie rekenskap van hulself gee. Dié spanne…

BKO kry nuwe fasiliteite

BKO het die afgelope jaar met bykans 25% in studentegetalle gegroei. Om die groei te kan akkommodeer, is begin met die ontwikkeling van twee tussentydse werkswinkels, asook  die bou van nuwe klaskamers. BKO is verder ook in die proses om in samewerking met argitekte planne op te stel vir die bou van nuwe koshuise. Tot…

Nuwe erwe word uitgesit by Vêrgelegen

OOM begin (DV) binnekort met die diens van bykans 60 residensiële erwe in die omgewing van Gannabos.  Die doel van die ontwikkeling, wat as Vêrgelegen bekend sal staan, is om in die vraag na laekostebehuising in Orania te voorsien deur die daarstelling van `n groot aantal laekoste, gedienste erwe.  Die erwe sal wat grootte betref,…