Beroepsopleiding en die opleiding van bekwame vakmanne

Die groot vraag na bekwame, goed opgeleide vakmanne vir Orania het daartoe aanleiding gegee dat BKO reeds in 2016 begin het met die opleiding van elektrisiëns, loodgieters en bou- en siviele konstruksiestudente. In 2020 ontvang BKO akkreditasie van die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO) om voort te gaan met die aanbieding van ’n Nasionale Diploma in Plaasbestuur. Vir jong vroue wat in die versorging van bejaardes of kleuters belangstel, bied BKO ook ’n geakkrediteerde kwalifikasie in tuisversorging aan.

BKO beskik oor moderne opleidingsfasiliteite, toegerus met van die nuutste tegnologie. Baie meer as bloot net die voorgeskrewe kurrikulum word met die studente behandel. Aspekte soos generiese bestuur of die oprigting van ’n eie onderneming ontvang ook die nodige aandag. Studente word gehuisves in twee koshuise wat gereeld in sport en op kulturele vlak teen mekaar meeding. By BKO ontvang die studente meer as net uitnemende opleiding – hulle word toegerus om as gebalanseerde, goed toegeruste volwassenes die volwasse wêreld te betree.

Kontakpersoon: Carla Loots

Kontakbesonderhede:
Telefoon: 061 768 1852
E-posadres: Admin@bokarooopleiding.co.za