Waarom ’n
Orania Stadsboufonds?

Ten einde Orania se strewe te verwesenlik om uit te brei tot ’n stad waarin duisende Afrikaners ’n tuiste vind, is groei en ontwikkeling noodsaaklik. Sodanige vooruitgang word egter onvermydelik deur grootskaalse infrastruktuurontwikkeling voorafgegaan. Sonder die skep en oprigting van die nodige infrastruktuur wat verdere groei onderlê, is geen gestruktureerde ontwikkeling moontlik nie.  

Die Stadsboufonds is in die lewe geroep om aan hierdie kritieke aspek van Orania se vooruitgang aandag te skenk. Hierdie fonds fokus op die daarstelling van die nodige infrastruktuur wat privaat entrepreneurs of beleggers in staat stel om verdere ontwikkeling te onderneem.  

Projekte waarin die
Stadsboufonds reeds belê het

Die afgelope twee jaar het die Stadsboufonds onder meer die volgende projekte onderneem: 

Die installering van ʼn optieseveselnetwerk. 

Die daarstelling van ’n stedelike ontwerp vir Orania.  

Die opgradering van die Orania-gemeenskapsaal. 

Bogenoemde projekte lewer reeds ’n wesenlike bydrae tot die versnelde groei wat Orania tans beleef en help sodoende om aan Orania ’n besondere aard en karakter te verleen.

Projekte in die
vooruitsig vir die Stadsboufonds

Die volgende fase van Orania se ontwikkeling stel 10 000 inwoners in die vooruitsig. Die Orania Dorpsraad, Orania Ontwikkelingsmaatskappy en ander privaat ondernemers is reeds hard aan die werk om planne in dié verband te beraam. Ter uitbouing van hierdie projekte beoog die Stadsboufonds om hulp te verleen met betrekking tot die volgende projekte: 

Die opgradering van Orania se bestaande waternetwerk.  

Die bou van sowel nuwe paaie as wandelpaaie vir voetgangers.  

Die ontwikkeling van ’n nuwe kampus vir Bo-Karoo Opleiding (BKO).  

Die oprigting van ’n stadsplein.  

Die opgradering van Orania se vliegveld. 

Diegene wat tot die Stadsboufonds bydra, glo in meer as net die meriete van die onderskeie projekte waarin die Stadsboufonds belê – hulle sien hul geldelike belegging as ’n belegging in die toekoms van die Afrikanervolk. Ons neem dus die vrymoedigheid om u uit te nooi om ook ú bydrae tot die Stadsboufonds te maak. Deur dit te doen, lewer u nie net ’n aktiewe bydrae tot die vestiging van meer mense in Orania nie – u help daadwerklik bou aan ’n tuiste waarbinne ons as Afrikaners vry, veilig en voorspoedig kan floreer.  


Kontak ons

Kontaknommer

061 813 8272

E-posadres

pieter@ontwikkelorania.co.za

Laat ‘n boodskap

"*" indicates required fields

Naam en van*