Die lewering van maatskaplike dienste

’n Gemeenskap se integriteit word gemeet aan die wyse waarop hy na die swak en weerlose mense in sy midde omsien. Helpmekaar is ’n gemeenskapsinstelling vanuit die gemeenskap, ter ondersteuning van die gemeenskap. Deur volhoubare strukture daar te stel word kerke, skole, werkgewers, instellings en die breë gemeenskap gemobiliseer om ’n gesonde omgewing te skep waarbinne elke individu kan woon en werk. Afhanklikheid word beperk deur mense te help om self verantwoordelikheid vir die oplossing van hul eie krisisse te aanvaar. 

Helpmekaar beskik oor die dienste van twee gekwalifiseerde maatskaplike werkers, sowel as ’n berader. Daar word veral gefokus op gemeenskapsontwikkeling deur sekere projekte, byvoorbeeld die boelieprojek of die week vir bejaardes, te onderneem. Gesinne wat in materiële nood verkeer, word ondersteun deurdat hul kinders se skoolfonds gesubsidieer word en maatskaplike dienste word aan weerlose persone gelewer. Alle hulp word deurentyd met groot omsigtigheid, en slegs ná deeglike assessering van die situasie gelewer.

Kontakpersoon: Hannelie Schwartz

Kontakbesonderhede:
Telefoon: 053 030 0000
E-posadres: Hannelie@oraniahelpmekaar.co.za