Onderhoud en bestuur van eiendomme

Die eiendomme van instansies waarby die Orania Ontwikkelingsmaatskappy betrokke is, word deur Hoeksteen bestuur en onderhou. Die voorkoms van hierdie persele moet die karakter en waardes van die instansies wat hierdie eiendomme besit, weerspieël. Goed versorgde tuine, skoon en netjies geboue en goeie funksionerende infrastruktuur dra ’n boodskap uit van kundigheid en professionaliteit wat eie aan die Orania Ontwikkelingsmaatskappy is.

Die geboue waarvoor Hoeksteen verantwoordelikheid aanvaar, is Steenbok-herberg, die Bo-Karoo Gemeenskapsveiligheidsentrum, Duiker, Senbel en die Horison Nywerheidskorf. Verder sorg Hoeksteen ook dat persone wat in behuisingskomplekse soos Gannabos, Soetdoring, Nerina en Elim woon, deurentyd trots kan wees op die voorkoms van hul woonplekke. Dit geld ook vir die Orania Beweging, Dorpsbiblioteek en die Kuierstoep-gebou waarin ’n hele aantal ondernemings, soos die Kleretrommel en Helpmekaar-kantore, gevestig is.

Kontakpersoon: Mnr. Danie van der Westhuizen

Kontakbesonderhede:
Telefoon: 053 030 0000
E-posadres: danie@hoeksteenontwikkeling.co.za