nywerheidspersele

Infrastruktuurontwikkeling is ’n voorvereiste vir enige verdere ontwikkeling, soos die bou van paaie of die oprigting van eiendomme. Om hieraan aandag te skenk, het die Orania Ontwikkelingsmaatskappy Groeikrag tot stand gebring. Groeikrag fokus primêr op siviele werke soos watervoorsiening, riolering en die voorsiening van digitale dienste aan nuwe erwe. Al hierdie ontwikkelinge vind ooreenkomstig, en aan die hand van Orania se Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk en Geïntegreerde Ontwikkelingsplan, plaas.

Ten einde die vraag na gedienste erwe daadwerklik aan te spreek, het Groeikrag altesaam agt “pyplynprojekte” vir die volgende jaar of twee in die vooruitsig gestel. Volgens voorlopige beplanning behoort daar bykans 400 residensiële en 40 kommersiële erwe gediens en te koop aangebied word. Erfgrootes sal wissel van klein, bekostigbare erwe te Vergelegen tot groter en meer eksklusiewe erwe in ’n ekolandgoed. ’n Verdere 14 nywerheids- en 27 gemengdegebruikerwe word ook in die vooruitsig gestel. 

Kontakpersoon: Hugo van Zyl

Kontakbesonderhede:
Telefoon: 053 030 0000
E-posadres: hugo@ontwikkelorania.co.za