Die oprigting van residensiële en kommersiële eiendomme

Die vraag na bekostigbare, hoëkwaliteit-eiendomsontwikkeling het daartoe aanleiding gegee dat Orania Eiendomsontwikkeling in 2016 die lig gesien het. OEO het dit ten doel om volhoubare ontwikkeling in die kommersiële, sowel as residensiële sektore van Orania te bevorder. Daar word gefokus op die areas wat min of geen aandag van privaat ontwikkelaars ontvang nie, maar wat wel essensieel is vir Orania se groei.

Die ontwikkeling van die Horison Nywerheidskorf, waar entrepreneurs kleinsakeondernemings kon vestig en bedryf, was die eerste projek wat deur OEO onderneem is. Nege drieslaapkamerhuise in Karoorsig fase 4 is sedertdien opgerig en ’n verdere 22 laekoste-eiendomme is in Geelgranaatsingel ontwikkel. Die ontwikkeling in Geelgranaatsingel bied veral aan eerstekeerkopers die geleentheid om ’n eiendom in Orania te bekom. 

Kontakpersoon: Rikus van Staden

Kontakbesonderhede:
Telefoon: 053 030 0000
E-posadres: oraniaeiendom@gmail.com