Die finansiering van ontwikkelingsprojekte

Vir Orania om van ’n dorp tot ’n stad te kan groei, moet goedgesinde individue of instansies bereid wees om in die groei en ontwikkeling van Orania te belê. Om hierdie kapitaal te werf en na behore te bestuur, is die Groeifonds reeds in 1999 as beleggingsvoertuig gestig. Deur openbare kapitaalvorming slaag die Groeifonds daarin om die groeifase waarin Orania tans verkeer, nie net te behou nie, maar ook verder uit te brei.

Projekte wat deur Groeifonds gefinansier is, sluit die volgende in:

  • opgradering van die elektrisiteitsnetwerk
  • oprigting van die Duiker-kompleks vir studentebehuising en kantore
  • uitbreiding van Karoosig-aftreeoord.

Verskeie ander entrepreneurs is ook gefinansier, wat bygedra het tot die ontwikkeling en stimulering van verskeie ondernemings in Orania.

Kontakpersoon: Jackie Roux

Kontakbesonderhede:
Telefoon: 053 030 0000
E-posadres: jackie@ontwikkelorania.co.za